Gedurende Ds Hannes se langverlof gaan hy en Gerda die Pelgrimstog van Hoop in die Wes-Kaap aandurf. Dis ’n staptog wat van Stellenborsch tot by Kaap Agulhas strek oor ’n periode van 17 dae. Dis egter nie sommer ’n kans vir wegbreek en stil-word nie, maar ook ’n geleentheid vir jou om die hoop wat in ons leef verder te laat uitkring (I Pet. 3:15). Waarom borg jy nie vir Ds Hannes of vir Gerda (of vir beide!) vir elke kilometer wat hulle gaan stap nie? Daar sal daagliks op die gemeente se Facebookblad terugvoer wees oor waar hulle hul bevind en hoeveel kilometer afgelê is. 50% van die inkomste hieruit sal gebruik word om hoop in armes se huise in te bring d.m.v. Projek Elia. Die ander 50% sal gebruik word om die Evangelie van Hoop wat in ons gemeente weerklink wyer oor die wêreld te versprei. Kom ons saai die hoop!

Borg ons vir elke kilometer wat ons voltooi