NHKA Pretoria-Oos Basaar
Ons missie
Ons beskou Mat. 28:19-20a as die missie van ons gemeente, waar Jesus sê: “ Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
Dit kom na vore in drie fokusareas:
- Na bo
Ons smag na groei en verdieping in ons verhouding met God - Na binne
Ons strewe na effektiewe bediening in en deur die gemeente - Na buite
Ons droom van heelheid van mense sodat God se “sjalom” vir hulle kan deurbreek.
GEMEENTE-PRIORITEITE
HOE MAAK ONS ‘N VERSKIL
Ons is intens bewus van die groot nood by baie mense in die moeilike tyd waarin ons onsself tans bevind. Ons gemeente wil ons roeping om DRAERS VAN HOOP in die wêreld te wees, ook in hierdie tyd nakom. Vandaar PROJEK ELIA. Net soos ons, was Elia in sy eie grendeltyd en het God deur die kraaie aan hom kos voorsien.
Projek Elia
Ons beoog om al die wins wat deur die BASAAR gegenereer word, vir noodverligting aan te wend.
Indien jy eerder ‘n finansiële bydrae tot die NOODFONDS wil maak, gebruik die onderstaande bankbesonderhede of Zapper-kode: